Description
Willem is ’n ervare tegnikus met meer as 20 jaar se ondervinding in meganiese en tegniese werk, opleiding en spanbestuur. Hy het sy loopbaan opgebou in die motorbedryf, waar hy gewerk het as werktuigkundige, voorman, kwaliteitsbeheerder en selfs opleier vir nuwe vakmanne. Hy’s prakties, projek-georiënteerd en bekend vir sy probleemoplossingsvermoë en verantwoordelikheidsin.
Hoewel sy loopbaan tot dusver in tegniese werk lê, lê sy hart by die plaas. Boer is in sy bloed – sy oupas was almal boere – en sy passie vir vee en landbou groei net al hoe sterker. Hy wil sy ervaring, tegniese kennis en natuurlike leierskap gebruik om sy loopbaan te skuif na die landboubedryf.
Willem wil graag in Gauteng boer op enige plaas! Hy glo dat sy meganiese en bestuursvaardighede ’n groot bate vir enige plaas of landbou-onderneming kan wees




